
Deur die studente self toe te laat om onder mekaar te debatteer en besprekings te hou oor aktuele karakter kwessies, soos moraliteit onder die Suid-Afrikaanse jeug, het sterk menings uitgelok. Die onderwerp oor seksuele integriteit het veral baie laat herbesin oor die rol van karakter in hulle persoonlike verhoudings.
Daar is ook op ‘n praktiese wyse gefokus op die manier hoe ‘n mens karakterbou kan bevorder. Deur mense te komplimenteer vir ‘n spesifieke karakter eienskap, wat gepaart gaan met ‘n praktiese voorbeeld daarvan, is ‘n maklike tog doeltreffende wyse daarvan – en hulle het dit sommer daar in die klas toegepas op mekaar!

Die passie en opgewondenheid wat hierdie studente gewys het oor hulle eie karakterontwikkeling, hulle groter verantwoordelikheid en rol in die breër samelewing, het my aangenaam verras. Dit het my opnuut met energie en opgewondenheid gevul vir die toekoms van ons Suid-Afrikaanse jeug.
Twee belewenisse wat uitgestaan het tydens hierdie kursus:
1. Elke student het ‘n persoonlike briefie van hulle ouers ontvang wat hulle karakter eienskappe, wat die ouers die meeste in hul kind waardeer, beskryf. Die uitdrukking van totale verbasing op die studente se gesigte was ‘n kosbare oomlik. (Meeste van hierdie studente het nog nooit in soveel woorde van hulle ouers gehoor watter goeie karakter eienskappe hulle van sowat ses biljoen ander mense op planeet aarde onderskei en uniek maak nie.)
2. Die studente het toe ook die geleentheid gekry om ‘n briefie terug te kan skryf aan hulle ouers, op grond van die 49 CharacterFirst eienskappe wat tydens die opleiding op gefokus is.
Hier is ‘n paar uittreksels uit briefies wat die studente spontaan vir my geskryf het na afloop van die kursus:
• Die hoogtepunt van die week was om deur die brief van my ouers net weer daai mooi karakter eienskappe van iemand te hoor wat vir jou lief is –dis vir my baie lekker. Die huil was ook die moeite werd. Ek waardeer so als van my ouers en ek is so diep dankbaar as ek dink aan wat ek in my familie het. Die CF kursus is een van die waarby ek die meeste by geleer het en wat ek regtig geniet het. Marlene Bean

Jacques Ehlers

Dr Hanri de la Harpe –Equilibria School of Life Prinsipaal
No comments:
Post a Comment