Saturday, June 28, 2014

Hanteer dinge emosioneel intelligent



Hanteer dinge emosioneel intelligent

Dit is darem lekker as organisasie jou vra om so 40 van hulle personeel deur EQ opleiding te vat. My passie en ek het nou die kursus werklik geniet

Dit is so waar dat organisasie en persoon moet eenvoudig net verantwoordelikheid vat vir sy/haar emosionele selfbestuur en hoe jy op omstandighede of ander mense reageer.


Jy is nie ‘n slagoffer van jou emosies nie. As jy af, negatief, onseker, bang, gestres voel, kan jy iets daaromtrent doen. Kies om anders te dink, verander jou “selfspraak”, of verander net jou gedrag al is dit lynreg teen jou gevoelens in soos om liefdevol, met selfvertroue of goedgemanierd op te tree (- dis nie “fake” om dit te doen nie, want jy kies mos self dat dit die beste is vir jouself en die situasie). 

Leer om jou emosies en jou emosionele ritmes te verstaan (bv. hoe jy soggens, na middagete, of saans voel) en kies self maniere hoe om dit die beste te bestuur. Bron Johan Oostenbrink