Dr
Mario Denton tesame met Marius Orffer en Johan Van die Merwe so pas
begin om HR forum te vestig waarby die HR Bestuurders in die omgewing
Upington betrek word. Die primêre doel van die forum is om sake van
belang te bespreek en gedagtes daaroor te wissel.
Dr Mario Denton is gekry om ons te help met die vestiging van so ‘n forum en verskaf die akademiese insette.
Al
die HR Bestuurders in die omgewing is genooi en ons glo dat hierdie
inisiatief tot groot voordeel van die HR funksie by maatskappye in ons
omgewing sal wees. Dit is so belangrik om beste praktyke en praktiese
oplossings te gee synde al die veranderings wat plaasvind in die
arbeidsmark
Een van die lede het soos volg geantwoord: Dankie
Johan. Ek het die HR Forum vanoggend baie leersaam gevind. Ek dink dit
is ‘n skitterende idee en glo dit sal ‘n groot bydrae lewer in ons almal
se dag tot dag uitdagings. Amanda van Zyl van Kobus Duvenhage
No comments:
Post a Comment