Friday, February 13, 2015

Violent or Silent




Vat die teuels van jou lewe weer goed vas.  Onthou: “It is not your intention but your direction that determines your destination” (Andy Stanley).  Moenie slagoffers word van eksterne omstandighede en gebeurenie  Kes erder hoe om eksterne gebeure te hanteer. Stepen Covey noem dit “proaktiwiteit” – om doelbewus verantwoordelikheid te neem om jou eie werklikheid en toekoms te skep, te midde van alle omstandighede.


Joseph Grenny in die boek  “Crucial Conversations” wat hy en medeskrywers geskryf het noem dat  as gevolg van ons emosionele brein  ons  “either attack or avoid”, “go violent or silent” (of te wel: veg of vlug). So jy moet kies tussen  vriendskap en die waarheid, tussen die verhoudinge en of jy die olifant in die kamer (die werklike/pynlike issue) sal aanspreek. Dit noem die skrywers “the sucker’s choice” want daar is ‘n derde, baie beter opsie.
Die beter opsie is DIALOOG. Dit beteken dat ek en jy op mekaar se “planete” of leefwêrelde moet kom kuier en mekaar se “waarheid” én behoeftes deur mekaar se oë bekyk en dan saam ‘n ooreenkoms bereik oor hoe ons die situasie vanuit ‘n “gemeenskaplike waarheid” sal hanteer.
Die skrywers  stel ook voor dat ons die S-T-A-T-E proses gebruik:
  • Share your facts (bly by die feite soos jy dit objektief waarneem)
  • Tell your story (my interpretasie)
  • Ask for other’s paths (Hoor die ander persoon se prentjie en interpretasie)
  • Talk Tentatively (Wees oop vir nuwe feite en interpretasies daarvan)
  • Encourage testing  (Is ons seker dis al manier om daarna te kyk?)
 ‘n Groot deel hiervan val saam met die sogenaamde regsreël van “audi alteram partem” – hoor die ander party. Veral in ons land met sy baie verskille, maar ook in elke verhouding waarin ons is, is dit só belangrik dat ons ego’s nie in die pad kom staan nie. Selfs wanneer die ander persoon onredelik en onbillik is, help die STATE-model dat ons by die feite bly, die ander persoon laat veilig voel en wys dat ons regtig luister, van ons kant begrip kry, en sover moontlik wegbly van emosionele gesprekvoering, en nie die paaie van “violence” of “silence” kies nie.-

Jak 1:19 sê nie verniet nie dat ons moet “gou wees om te hoor, stadig om te praat en stadig om toornig (emosioneel) te word” (Ou Afrikaanse Vertaling).
Bron en Erkenning aan Johan Oostenbrink

No comments:

Post a Comment