Tuesday, October 4, 2011

Lutzville Hoërskool plaas karakter eerste in jou lewe

In hierdie kort artikel wat ek graag die proses verduidelik wat ons onlangs gevolg het met die karakter opleiding by HOëRSKOOL LUTZVILLE Maar eerstens weer net gou my passie om betrokke te raak met die proses.Dit is die stellings soos die volgende wat my opgewonde maak en net meer aamoedig om betrokke te bly.“South Africa might need to consider introducing subjects related to ethics in schools to curb the scourge of corruption and make people understand the "devastation" it caused.
Motlanthe, said the following about corruption:



• It is cancerous.
• The pestilence of corruption is menacing the soul of our democracy.
• It is a life-and-death matter on which our future depends.
• It ultimately chokes key societal institutions.
• Everyone, including political leaders, needed to work together to eliminate it.
• Next to racism it is the most serious malady staring humanity in the face.
• Effective laws alone cannot win the war against corruption.
• Ultimately the fight against corruption boils down to the individual's sense of right and wrong.
(Article Motlanthe: Teach ethics to kids published by RETHA GROBBELAAR, 18 August, 2011 – Times Lives)

As basis het ek die materiaal van Dr Jeanette De Klerk van Character Works gebruik en deelnemers is duidelik ingelig oor die volgende uitkomste:
• Die konsep karakter en waardes en insig in die belangrike rol wat prestasie-karakter en morele karakter in die skool en die lewe speel.
• Weet wat karakteropvoeding is en wat dit nie is nie.
• Insig kry in die positiewe gevolge van effektiewe karakteropvoeding in skole.
• Begrip hê vir die kop-en hartskuiwe wat gemaak moet word vir karakteropvoeding om suksesvol te wees.
• Insig hê in die beginsels onderliggend aan karakteropvoeding en dit kan gebruik in hul eie skool.
• Hul eie kernwaardes identifiseer.
• Die kernwaardes van die skool identifiseer .
• Karaktertaal kan gebruik om karakter van leerders te ontwikkel in leerbare oomblikke.
• ‘n Volhoubare karakterontwikkelingsprogram in hul skool kan bestuur.

Hierdie werk is opgevolg met oorsig van material van Character First en veral ook die gedeelte oor die 49 karakter kwaliteite en hoe om karakter gebaseerde leierskap en korreksies toe te pas.
Vir my is eenvoudigheid baie belangrik en evaluering ‘n moet. Ekself het die volgende evaluerings gedoen.
• Die 10 punte van Unashamedley Ethical;
• Die verskillende kaartertrekke wat deur Character Transformation uitgelig word;
• Vrealys wat veral die volgende meet: Karakter van die skool, Omgee-verhoudings, Toewyding, Konsensus oor Kernwaardes, Samewerking en Kommunikasie,Uitdagende en betekenisvolle kurrikulum, Morele leierskap en Gevolge.


Wat my opgewonde maak is die kommentaar van die Hoof van Lutzville Marlida Lombaard. “Ek is terug en intussen was die adjunk so oulik om vraelys saam te stel wat personeel die week moes invul. Intussen baie dankie vir die terugvoer. Ons WIL graag die volgende trappie klim en die bus in die regte rigting stuur. Gevolglik begin ons by onsself voordat ons dit na kinders wil vat.Nogmaals dankie vir u insette.

MARLIDA LOMBARD HOëRSKOOL LUTZVILLE”.
Laastens: Kom ons werk aan die ondewerpe soos nog nooit tevore. Ek sal graag die proses wil verder vat en hoor graag van u in die verband en sal dit graag ook wil deurgesels met u span. Mario Denton is ‘n bedtysielkundige en MBA asook PhD en het uitgebreide werk en navorsing gedoen veral in die volgende twee studies naamlik “Managerial degeneration: An analysis of causes, challenges and the development of preventative strategies” asook “Workplace Bullying A South African perpective” Verder is hy deeltydse dosent, besigheidkonsultant is hy ook die Hoof van die Character First Instituut in Suid Afrika en is opgelei by die instansies van Character Works en Character Transformation U kan hom kontak by: marden@mweb.co.za www.characterfirst.co.za