Saturday, June 28, 2014

Hanteer dinge emosioneel intelligent



Hanteer dinge emosioneel intelligent

Dit is darem lekker as organisasie jou vra om so 40 van hulle personeel deur EQ opleiding te vat. My passie en ek het nou die kursus werklik geniet

Dit is so waar dat organisasie en persoon moet eenvoudig net verantwoordelikheid vat vir sy/haar emosionele selfbestuur en hoe jy op omstandighede of ander mense reageer.


Jy is nie ‘n slagoffer van jou emosies nie. As jy af, negatief, onseker, bang, gestres voel, kan jy iets daaromtrent doen. Kies om anders te dink, verander jou “selfspraak”, of verander net jou gedrag al is dit lynreg teen jou gevoelens in soos om liefdevol, met selfvertroue of goedgemanierd op te tree (- dis nie “fake” om dit te doen nie, want jy kies mos self dat dit die beste is vir jouself en die situasie). 

Leer om jou emosies en jou emosionele ritmes te verstaan (bv. hoe jy soggens, na middagete, of saans voel) en kies self maniere hoe om dit die beste te bestuur. Bron Johan Oostenbrink

1 comment:

  1. 'Jy is nie 'n slagoffer van jou emosies nie.' So waar. Dis 'n wilsbesluit wat mens elke oggend moet maak wanneer jou oë oopgaan. Ons is gekondisioneerd met emosies en hoe ons voel en dis nogal 'n groot openbaring as mens begin om emosioneel intellegent te leef. Veral omdat jy dan agterkom dit neem 'effort' om die vlees teë te gaan! Dit herinner my aan die Woord wat sê ons moet 'self' kruisig. Om jou emosies en emosionele ritmes te verstaan en dan maniere te kies hoe om dit te bestuur vra van ons baie keer 'kruisig self'. Emosioneel verslaaf - jou emosies kies vir jou. Emosioneel intellegent - jy kies self wat die beste vir jouself en jou situasie is. Powerful. Dankie vir die herinnering dat ons daagliks groei in Christus deur ook emosioneel intellegent op te tree.

    ReplyDelete